Winkelier- Plaaswinkel

  • Franschhoek, ZA
  • Contract
  • POSTED 2 MONTHS AGO

About the job

Winkelier Ons plaaswinkel is op soek na ’n energieke, betroubare en passievolle Winkelier om by ons span aan te sluit. Indien jy uitstekende kliëntediens kan lewer, goed onder druk presteer en daarvan hou om in ’n dinamiese kleinhandelomgewing te werk, hoor ons graag van jou.

Verantwoordelikhede

Verwelkom en help kliënte op ’n vriendelike en professionele wyse

Lewer uitsonderlike gaste- en kliëntediens

Hanteer verkope en kassastelsel akkuraat

Dryf verkope om winkelteikens te bereik

Vul rakke aan en verseker netjiese produkuitstallings

Help met voorraadbeheer en voorraadopnames

Hou die winkel netjies, georganiseerd en aantreklik

Werk effektief saam met die span om daaglikse take af te handel

Vereistes

Matrieksertifikaat

Afrikaanssprekend

Vorige kleinhandelondervinding sal voordelig wees

Betroubaar, eerlik en verantwoordelik

Passievol oor kliëntediens en kleinhandel

Energiek en positief van aard

Vermoë om goed in ’n span te werk

Vermoë om onder druk en in stresvolle situasies te presteer

Bereid om buigsame kleinhandelure, naweke en openbare vakansiedae te werk

Goeie kommunikasie- en mensevaardighede Indien jy belangstel, doen asseblief aansoek deur jou CV hier in te dien:

https://babylonstoren.breezy.hr/